Motoriste word versoek om versigtig te bestuur
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 14, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 15, 2025
Die Padverkeersbestuurskorporasie versoek motoriste weereens om uiters versigtig op die pad te wees.
Die waarskuwing volg op die dood van 12 mense in afsonderlike ongelukke Saterdag.
Sewe mense, insluitend ‘n baba, is dood in ‘n ongeluk op die N12-pad by Kimberley toe twee voertuie reg van voor gebots en aan die brand geslaan het.
Nog vyf mense het in ‘n botsing reg van voor in Fochville, Gauteng, gesterf.







Comments