Motoronderdelevervaardigers bekommerd oor ArcelorMittal se sluit
- Armando Pieters

- Jan 19
- 1 min read
Motoronderdeelvervaardigers het kommer uitgespreek oor die impak van die sluiting van ArcelorMittal Suid-Afrika, of AMSA, se langstaalaanlegte op die plaaslike motorbedryf. SABC-nuus berig dié sektor is ‘n hoeksteen van Suid-Afrika se ekonomie, en die sluiting van AMSA se aanleg by Newcastle in KwaZulu-Natal, sal na verwagting veral ‘n groot impak hê. Die Newcastle-aanleg is geskeduleer om einde vandeesmaand gesluit te word. Die uitvoerende direkteur van Naacam, die vereniging van motoronderdelevervaardigers verteenwoordig, sê dit sal ‘n veelvoudige impak op die vervaardigingsektor hê.





Comments