MOTORSPORT: Mercedes het verstellings aan W16-renmotors gemaak voor Grand Prix in Imola
- Armando Pieters

- May 14
- 1 min read
Mercedes wat tans tweede op die vervaardigers-puntelys is het sy W16-renmotors opgeknap voor diè naweek se Grand Prix in Imola in ’n poging om span McLaren in te haal. Alhoewel George Russell sover vier podiumplekke in vanjaar se F1-reeks kon verseker het, het die W16 gesukkel om die pas van McLaren se MCL-39’s te ewenaar. Volgens Mercedes se spanhoof Toto Wolff is hul motor meer gebalanseerd as 2024 s’n en sien die span uit na ’n opwindende Emilia Romagna Grand Prix wat eerskomende Sondag oor 63 rondtes om die Autodromo Enzo e Dino Ferrari baan gejaag gaan word. *Die wegspring is 13:00 (SA Tyd).





Comments