top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MOTORSPORT: Norris gereed vir uitdagings by die naweek se Chinese Grand Prix

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 20, 2025
1 min read

Lando Norris gaan die naweek se Chinese Grand Prix in as die vroeë kampioenskapvoorloper maar weet dat die eerste blitsren van die seisoen nuwe uitdagings gaan bied. Die Shanghai Internasionale-renbaan se lang draaie en swaar remsones sal bande op die proef stel wat  ‘n skrille kontras is met verlede naweek se reëndeurdrenkte openings-ren in Melbourne. Norris het ’n sterk aanslag van Max Verstappen afgeweer an alhoewel McLaren verlede jaar tweede agter Red Bull in China geëindig het glo sy span is hierdiè keer in ‘n baie sterker posisie om eerste onder die geruite vlag deur te jaag.

 
 
 

Comments


bottom of page