MOTORSPORT: Oscar Piastri rek sy voorsprong op die F1-punteleer na ’n goeie oorwinning by die Belgiese Grand Prix
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 28, 2025
- 1 min read
Oscar Piastri van die McLaren span het die Belgiese Grand Prix gewen nadat reën die wegspring met ’n uur en 20 minute vertraag het. Die baan het egter vinnig uitgedroog en met die Aussie wat tweede op die wegspringrooster weggetrek het, het hy met die rollende wegspring daarna verby sy spanmaat Lando Norris geskiet en tot aan die einde bly voortjaag en die geruite vlag 3.415 sekondes voor Norris gekruis. Charles Leclerc van Ferrari was derde gevolg deur Red Bull se Max Verstappen, George Russell van Mercedes en Williams se Alex Albon in die sesde plek. Piastri het nou 266 punte op die punteleer gevolg deur Norris op 250 en Verstappen wat tans 185 punte ingesamel het. Die volgende ren is die Hongaarse Grand Prix wat eerskomende Sondag by Hungaroring in Boedapest gejaag sal word.






Comments