MOTORSPORT: Safari-veldrydren trek by Sun City weg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 20, 2025
- 1 min read
Die Safari-veldtydren het na maande se logistieke beplanning uiteindelik weggetrek by Sun City en het met ’n kort proloog van nege kilometer begin wat deur die 20-jarige Suid-Afrikaner Saood Variawa en sy passasier Francois Calazet gewen is. Hierdiè geskiedkundige veld tydrenkampioenskaps-reeks oftewel die WR2C sal die room van veldtydren wenners op twee en vier wiele insluit soos die vyfmalige Dakar-wenner in voorloper in die WR2C Nasser Al-Attiyah en sy navigator Edouard Boulanger, die legendariese Sèbastien Loeb en sy kaartman Fabian Lurquin sowel as Suid-Afrika se Giniel de Villiers en sy navigator Leander Pienaar wat vir #TeamHilux deelneem terwyl Botswana se tweewiel-koning Ross Branch ook die stofpaaie gaan aandurf. *Die eerste skof van die Safari-vedltydren trek vandag oor 262 km van Sun City na Lichentenburg weg en word Woensdag gevolg deur die 352 km na Barberspan. Donderdag is die hoëspoed-skof oor 253 km in die Stella gebied en Vrydag maak die renjaers ’n draai in die Skilpadshek-omgewing. Die veldtydren word Saterdag afgesluit met ’n korter 118 km terug na Sun City op die rooistof-plaaspaaie in die Noordwes-omgewing.






Comments