top of page

MOTORSPORT: Voormalige Duitse renjaer Jochen Mass oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 6, 2025
  • 1 min read

Die legendariese Formule Een en Le Mans 24-uur-wenner, Jurgen Mass, is die afglope naweek in die ouderdom van 78 jaar oorlede. Sy familie het in ’n verklaring aangekondig dat hy oorlede is na komplikasies weens ’n beroerte wat hy in Februarie gehad het. Diè Duitser het sy loopbaan by Surtees begin en daarna oorgeskuif na die McLaren span. Sy enigste F1-oorwinning was in 1975 by die Spaanse Grand Prix. Mass het Formule Een in 1982 gegroet en sewe jaar later die Le Mans 24-uur wedren gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page