top of page

Motshekga is woedend oor die vloothoof se beskuldigings

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 19
  • 1 min read

Die minister van verdediging, Angie Motshekga, het haar verontwaardiging uitgespreek nadat die hoof van die Suid-Afrikaanse vloot, vise-admiraal Monde Lobese, die kabinet in die openbaar gekritiseer.


Dit vir die besnoeiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se begroting. Lobese het die onthulling by ‘n onlangse vlootgala gemaak.


Hy het die regering se besnoeiings aan verdedigingsbefondsing onpatrioties genoem en gesê dat kriminele netwerke besluitnemers direk of indirek kan beïnvloed.


Motshekga het die opmerkings as onvanpas en oneerlik veroordeel.


Sy het gewaarsku dat sy dissiplinêre stappe teen Lobese sal neem.


Angie Motshekga. FOTO: Eyewitness News
Angie Motshekga. FOTO: Eyewitness News

Comments


bottom of page