top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Motshekga loop g’n met 'n kierie, sê haar departement

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 9
  • 1 min read

Die departement van verdediging het die verspreiding van ʼn gedokterde foto van die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, ten sterkste veroordeel en die bewerings dat sy fisies ongeskik is om haar pligte uit te voer, verwerp.


Die gedokterde foto wys hoe Motshekga kwansuis vooroor gebuig met behulp van ʼn houtkierie loop.


Maroela Media berig die departement van verdediging sê dié foto is vals, kwaadwillig en bedoel om die waardigheid van die amp te ondermyn. Die departement hou vol dat Motshekga gesond is en dat sy haar pligte pligsgetrou uitvoer, soos vereis deur die Grondwet.


Angie Motshekga. FOTO: X
Angie Motshekga. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page