top of page

Motsoaledi begroot vir infrastruktuur vir NGV

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê een van die drie hoofdoelstellings van sy departement se begroting is Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Motsoaledi het Woensdag sy begrotingsrede in die parlement vir debat voorgelê, en volgens Netwerk24 gesê een hoofdoelstelling is om 'n sterk fondasie te lê vir die verbetering van die openbare gesondheidstelsel, ter voorbereiding van die NGV.

Motsoaledi erken een van die grootste probleme van die openbare sektor is die infrastruktuur. Volgens hom is 17 groot hospitaalprojekte vir ontwikkeling geïdentifiseer, insluitend die algehele vervanging van drie groot sentrale hospitale.

Hy sê die land het nie noodwendig al die geld vir die massiewe infrastruktuurinspuiting nie, maar gesprekke word gevoer met internasionale en plaaslike finansiële instellings en ander finansiers.

 
 
 

Comments


bottom of page