Motsoaledi se internasionale reise kos meer as R11-miljoen
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 22, 2025
- 1 min read
Die reiskoste van die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sedert die vorming van die Regering van Nasionale Eenheid verlede jaar het gestyg tot ongeveer R11,8 miljoen rand.
Die syfer is bekend gemaak in sy antwoord op vrae van ActionSA.
Motsoaledi het onthul dat hy tussen Junie en September vier internasionale reise onderneem het, wat vyf-komma-ses miljoen rand gekos het.
Die minister het saam met verskeie ander amptenare Brasilië, die Verenigde Koninkryk, Zambië en Amerika gedurende hierdie tydperk besoek.
Sy vierdaagse besoek aan die Wêreldgesondheidsorganisasie se Streekskomitee vir Afrika in Zambië was die goedkoopste reis, wat ongeveer 315 duisend 723 rand gekos het.







Comments