Motsoaledi sê ouers moet hul dogters teen MIV inspuit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 14
- 1 min read
Van volgende jaar af sal mense wat MIV-negatief is elke ses maande 'n inspuiting kry wat hulle immuun teen MIV-infeksie maak.
So sê die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, tydens die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie in Bloemfontein.
Hy het ook ouers versoek om hul dogters van 16-24 jaar oud te bring om dié inspuiting te kry om hul sodoende teen infeksies te beskerm.
Luidens 'n plasing op sosiale media sê hy daar moet in ‘n stadium ‘n einde aan MIV en TB wees. Volgens hom is die nuwe strategie belangrik, maar hy herinner dat nie almal onder die program geplaas sal word nie. Hy voeg by mense moet verstaan dat hulle vir hul eie gesondheid verantwoordelik is.






Comments