top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Motsoaledi vra vir kalmte oor die hantavirus

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • May 6
  • 1 min read

Die minister van Gesondheid, dokter Aaron Motsoaledi, vra vir kalmte te midde van die hantavirus-kontakopsporing.


Motsoaledi sê gesondheidsowerhede spoor mense op wat moontlik in kontak gekom het met bevestigde pasiënte.


Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê twee gevalle van die virus is bevestig aan boord ’n passasierskip naby Kaap Verde. Een van die pasiënte is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Johannesburg.


Parlementslede het kommer uitgespreek oor die hantavirus en het Motsoaledi ontbied om die implikasies daarvan vir Suid-Afrika te verduidelik.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page