top of page

Moulin Rouge se rooi lemmer draai weer

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 11
  • 1 min read

Die lemme van die beroemde Moulin Rouge-kabaret in Parys, Frankryk, draai weer ná meer as 'n jaar.

Maroela Media berig honderde mense het hier saamgedrom om te sien hoe dansers Donderdag die kabaret se beroemde cancan-dans in die straat gedoen om die oomblik te vier.

Vuurwerke is van die dak van die klub geskiet, wat elke jaar sowat 600 000 besoekers lok.

Die venue, verewig in ʼn skildery deur Henri de Toulouse-Lautrec en toe weer opnuut beroemd geraak danksy die 2001-rolprent deur Baz Luhrmann, se lemme het 14 maande gelede neergetuimel. ʼn Probleem met die middelste as het die skuld vir die neerstort van die meul gekry.

 
 
 

Comments


bottom of page