top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Moya gaan volgens Brink nie aan bewind wees nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 10, 2024
1 min read

Tshwane se nuwe burgemeester, Nasiphi Moya van ActionSA, gaan in die kantoor wees, maar volgens Cilliers Brink, voormalige burgemeester, gaan sy nie aan bewind wees nie. Maroela Media berig verder haar toutjies sal, volgens Brink, deur die ANC se Gautengse faksies en die EFF getrek word. Alhoewel Brink nie dink sy opvolger is onbekwaam nie, glo hy egter dat Moya se verkiesing tot burgemeester daarop dui dat die ANC en sy voormalige radikale ekonomiese transformasie-faksie herenig het. Moya het Woensdag gedurende haar eerste toespraak as burgemeester by Tshwane House volgehou sy gaan niemand anders as die inwoners van Tshwane dien nie, en het bygevoeg sy is nie ‘n ActionSA-burgemeester of ‘n burgemeester van enige ander party nie.

 
 
 

Comments


bottom of page