Moya sê cholera is nie in Bronkhorstspruit bevestig nie

6 days ago
1 min read
Die Tshwane-burgemeester, Nasiphi Moya, het bewerings verwerp dat cholera die oorsaak is van die uitbreking van gastroïntestinale siekte in Bronkhorstspruit.
Meer as 400 gevalle is onlangs in Tshwane se Streek Sewe aangemeld.
Moya sê ’n variant van Vibrio cholerae is in watermonsters gevind, maar dit is nie die variant wat met cholera-epidemies verbind word nie.
Sy voeg by dat geen cholera-bakterieë tot dusver in die getoetste stoelgangmonsters van pasiënte opgespoor is nie.
Die burgemeester sê die stad werk saam met kenners en nasionale en provinsiale owerhede om die situasie te hanteer.









Comments