MTN SA se uitvoerende hoof ontvang miljoene
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
MTN Suid-Afrika se nuwe uitvoerende hoof, Ferdi Moolman, is meer as R18-miljoen in sy eerste twee maande in die rol betaal.
Die bedrag is gepubliseer in MTN se 2025 Geïntegreerde Jaarverslag, wat vandag vrygestel is. Moolman het in November die leisels by Charles Molapisi oorgeneem, wat nou die groep se hooftegnologie- en inligtingsbeampte is.
Die grootste deel van sy vergoeding het gekom van langtermyn-aansporings, wat altesaam 14-komma-een miljoen rand beloop het.
Moolman se salaris vir die laaste twee maande van verlede jaar was ongeveer een-komma-nege miljoen rand.








Comments