top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MTN wil Telkom oorkoop

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 16
1 min read

MTN het Maandagoggend aangekondig dat hy Telkom wil koop.


Indien die transaksie afgehandel word, kan Telkom-aandeelhouers kontant vir hul aandele ontvang, of kies om eerder MTN-aandele te kry.


Netwerk24 berig Telkom het ’n markwaarde van sowat R30 miljard. MTN is Afrika se grootste selfoonnetwerkgroep, met ’n markwaarde van byna R430 miljard.


MTN waarsku dat die onderhandelinge nog in ’n vroeë stadium is, maar dat die transaksie, indien dit deurgevoer word, ’n “wesenlike uitwerking” op sy aandeelprys sal hê.


Telkom het ’n soortgelyke verklaring uitgereik.


MTN het reeds in 2022 aangekondig dat hy Telkom wil koop, maar het die onderhandelinge kort daarna gestaak omdat Telkom nie kon waarborg dat hy nie ook met ander partye sou onderhandel nie.


Die uitvoerende hoof van MTN, Ralph Mupita, het vroeër gesê hy glo konsolidasie in die bedryf is “onvermydelik” weens die groot kapitaalbeleggings wat nodig is om 5G-dienste te vestig.


Ter illustrasie. FOTO: Tech Central
Ter illustrasie. FOTO: Tech Central

 
 
 

Comments


bottom of page