MTV se laaste note weerklink binnekort
- Ilde Roos

- Oct 15
- 1 min read
MTV, die wêreld se eerste 24-uur-musiekuitsaaier, gaan ná amper 40 jaar vyf van sy kanale staak.
Die BBC berig MTV Music, MTV 80s, MTV 90s, Club MTV en MTV Live sal almal ná 31 Desember 2025 nie meer uitsaai nie.
Die vlagskip-kanaal, MTV HD, sal egter op die lug bly.
Die skuif reflekteer 'n verandering in kykgewoontes, met musiekvideo's wat hoofsaaklik op YouTube en sosiale media eerder as op televisie gekyk word.






Comments