Mugabe se seun is in aanhouding
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 19
- 1 min read
Die jongste seun van Zimbabwe se oorlede voormalige president Robert Mugabe is tans in aanhouding.
Dit volg ná ’n beweerde skietvoorval by ’n woning in die luukse voorstad Hyde Park in Johannesburg.
Volgens BBC News is Bellarmine Mugabe in aanhouding geneem nadat ’n 23-jarige man, glo ’n tuinier, geskiet is.
Polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord, en soek na ’n vuurwapen by die eiendom. Twee persone word ondervra terwyl die presiese omstandighede vasgestel word.
Polisiewoordvoerder kolonel Dimakatso Nevhuhulwi sê die slagoffer is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.








Comments