top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Mugabe se seun staar nog ‘n klag in die gesig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Updated: Feb 24

Die jongste seun van die voormalige Zimbabwiese president, Robert Mugabe, staar nou ’n bykomende aanklag van regsverydeling in die gesig.


eNCA berig Bellarmine Mugabe sal na verwagting in die Alexandra-landdroshof verskyn en staan ook tereg op ’n aanklag van poging tot moord - ná ’n beweerde skietvoorval by die familie se huis in Hyde Park.


Polisie het patroondoppies op die toneel gevind, maar die vuurwapen wat in die skietery gebruik is, is nog nie opgespoor nie.


Dit ondanks ’n soektog deur die K9-eenheid en polisieduikers.


Mugabe en nog ’n verdagte bly sedert hul inhegtenisneming Donderdag in aanhouding.


Bellarmine Mugabe. FOTO: X
Bellarmine Mugabe. FOTO: X

 
 
 

Comments


bottom of page