Muizenberg se gekleurde strandhutte word tydelik verwyder
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die gewilde gekleurde hutte op Muizenberg se strand in Kaapstad sal tydelik afgebreek word terwyl die gebied opgeknap word.
Die Stad Kaapstad sê die ikoniese strandhutte sal ná voltooiing van die projek deur soortgelyke hutte vervang word wat die strandfront se historiese karakter en erfenis sal behou.
Business Tech berig die die nuwe strandhutte is ontwerp om meer duursaam te wees, terwyl die historiese ontwerp en uitleg behoue bly. Die bestaande hutte moet verskuif word omdat die nuwe promenade ongeveer twee meter verder landinwaarts gebou gaan word om die gevolge van klimaatsverandering, soos stygende seevlakke en stormvloede, die hoof te bied.
Die ikoniese Muizenberg-strandhutte het hul oorsprong omstreeks 1901 gehad en is een van Suid-Afrika se mees gefotografeerde landmerke.
Die projek het in Februarie begin en die Stad sê alles verloop volgens plan om teen Desember afgehandel te wees.








Comments