top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Multimiljoenrandfonds vir township- en landelike besighede geoormerk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 16, 2024
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat befondsing van R500-miljoen beskikbaar gestel sal word vir sommige winkels in townships en in landelike gebiede. Dit hou verband met die krisis oor die onlangse sterftes van minstens 22 kinders – wat eetgoed by sekere winkels gekoop het. Sedert die begin van September was daar landwyd 890 gevalle van skoolkinders wat siek geword het. LEES MEER: Ramaphosa maak stem dik oor spaza-winkels SABC-nuus berig die gesamentlike fonds deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging en Kleinsake-Ontwikkeling het ten doel om winkels in dié gebiede te omskep in behoorlike, wettige ondernemings – en ook te help met tegniese steun en vaardighede.

 
 
 

Comments


bottom of page