top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Munisipale dienste 'kan nie net af gesny word nie'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 16, 2025
1 min read

Bloemfonteiners moet na bewering ’n skriftelike kennisgewing 14 dae voor enige beplande dienste afsny-aksie ontvang.

Volgens die Mangaung Ratepayers Association op sosiale media is dit die Kredietbeheer- en Skuldinvorderingsbeleid van die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) voordat dienste gestaak word.

Die MMM sukkel met die uitdaging van R95 miljard in onbetaalde elektrisiteitseise asook bykomende onbetaalde waterrekeninge.

News24 berig hulle hoop om die 85%-wanbetaling te verreken, asook om ’n tariefverhoging van 36% aan te vra. Tussen watertekorte, lekkasies, beurtkrag en die MMM wat wanbetalers se voorsiening stop, is Bloemfonteiners dikwels onseker oor die rede vir die tekort aan diensverskaffing.

Die 14 dae kennisgewing moet glo ook ’n datum en rede toon wanneer dienste beëindig word, saam met die voorsiening dat die aksie betwis kan word.

 
 
 

Comments


bottom of page