Munisipaliteite kry binnekort hul billike-aandeeltoekenning
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
R7,1 miljard van die Julie-toekennings uit die billike-aandeel-fonds sal teen Vrydag aan 49 munisipaliteite uitbetaal word. Dié aankondiging word deur die parlement verwelkom.
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die vrystelling van die fondse is voorwaardelik en vereis dat munisipaliteite hul bestuursgebreke moet aanspreek.
Parlementêre komitees sê die besluit spreek hul kommer aan dat dienslewering, veral aan behoeftige huishoudings, beskerm moet word. Hulle voeg by dat die vrystelling van die fondse nie verantwoordelike amptenare en ampsdraers moet toelaat om aanspreeklikheid vir hul rol in bestuursmislukkings te ontduik nie.








Comments