Munisipaliteite skuld byna R1.5 miljard aan pensioenfondsbydraes

Nov 16
1 min read
Altesaam 19 munisipaliteite skuld byna R1,5 miljard aan pensioenfondsbydraes wat van hul werknemers se salarisse afgetrek is.
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het dit in ’n skriftelike antwoord op ’n parlementêre vraag bekend gemaak.
Die betrokke munisipaliteite is oor vyf provinsies versprei.
Sommige van die uitstaande betalings dateer terug tot 2014.
Godongwana sê sy departement is nie bewus van enige stappe wat die pensioenfondse gedoen het om die agterstallige bedrae te verhaal nie.










Comments