top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Musk lei nuwe Amerikaanse Regeringsdoeltreffendheidsdepartement

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 13, 2024
  • 1 min read

Die Tesla- en X-eienaar, Elon Musk, sal saam met Vivek Ramaswamy werk om die Verenigde State van Amerika se Departement van Regeringsdoeltreffendheid te lei. IOL berig hierdie stap is glo President Donalt Trump se belofte aan Musk ná sy steun tydens Trump se presidensiële veldtog. Trump sê die duo sal sy administrasie help om staatsbureaukrasie af te breek, onnodige regulasies te verminder, verkwistende besteding te sny en federale agentskappe te herstruktureer. Trump verduidelik dat regeringsdoeltreffendheid al lank 'n droom is. Hulle werk behoort teen 4 Julie 2026 afgehandel te wees – ’n geskenk aan Amerika op die 250ste herdenking van hul Onafhanklikheidsverklaring.

 
 
 

Comments


bottom of page