Musk slaan terug oor omkoopgeld-eise
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 13
- 1 min read
Elon Musk beweer sy satellietinternetmaatskappy, Starlink, is effektief gevra om omkoopgeld te betaal om ’n telekommunikasielisensie in Suid-Afrika te kry.
Musk het op X gesê Starlink kan ’n lisensie bekom as hy voorgee dat ’n swart persoon die plaaslike entiteit bestuur.
Hy hou vol die enigste rede waarom Starlink nog nie in sy geboorteland begin het nie, is omdat hy nie swart is nie.
Hoewel Musk gereeld kritiek lewer op Suid-Afrika se swart ekonomiese bemagtigingswette, sê Starlink hulle bly verbind tot die land se transformasiedoelwitte.
Die maatskappy stel voor dat dit bereik kan word deur sogenaamde Ekwivalente Beleggingsprogramme.








Comments