My Vote Counts is gekant teen die verhoging van die bedrae geld wat aan politieke partye geskenk kan word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 20, 2025
- 1 min read
Die burgerlike samelewingsorganisasie, My Vote Counts, het weer eens sy teenkanting uitgespreek teen die verhoging aan die beperkings op skenkings aan politieke partye. Rosestad Nuus het vroeër berig President Cyril Ramaphosa het die proklamasie onderteken wat die openbaarmakingsdrempel en jaarlikse skenkingslimiet in die Wet op Politieke Befondsing verhoog. Volgens Newskoop sê My Vote Counts dit sal die geheimhouding in politieke befondsing verhoog en dit maklik maak vir private belange om die politiek te beïnvloed. My Vote Counts-projekleier oor geld in die politiek, Joel Bregman, sê die ondertekening van die proklamasie is ‘n terugslag vir demokrasie.






Comments