top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n 14-maande oue baba se moordverdagte het ontsnap

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 15, 2025
  • 1 min read

'n 29-jarige man wat in hegtenis geneem is vir die moord op 'n 14 maande oue baba, het ontsnap. SABC News berig hy is in die Tshilidzini-hospitaal in Limpopo opgeneem, nadat hy gister gepoog het om in sy aanhoudingsel selfmoord te pleeg. Die verdagte het na bewering die baba twee weke gelede doodgewurg en die baba se ma ontvoer. Die polisie sê die verdagte het gister ontsnap voordat hy na die hof geneem is. Sy saak is tot Dinsdag volgende week uitgestel. Polisiewoordvoerder Vuledzani Dathi, sê dit is nog nie duidelik hoe die verdagte daarin geslaag het om te ontsnap nie en dat die voorval ondersoek word.

 
 
 

Comments


bottom of page