top of page

‘n 81-jarige man is in Bloem se middestad inhegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 12
  • 1 min read

'n Operasie onder leiding van die Provinsiale Georganiseerde Misdaad-eenheid, in samewerking met die Shoprite Groep se ondersoekspan, het gelei tot die inhegtenisneming van 'n 81-jarige man in Bloemfontein se middestad. Dit vir ‘n reeks aanklagte insluitend diefstal, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en oortredings van verskeie wette. Volgens polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, het die span 'n aansienlike hoeveelheid onwettige en ongemagtigde items op die bejaarde se perseel ontdek, wat vervalsde goedere, ongemagtigde medikasie en oor die R100 000 se produkte wat uitsluitlik met die Shoprite Groep se logo gebrandmerk is, insluit. Daar is ook skadelike en giftige landbouprodukte langs voedselprodukte gevind.

 
 
 

Comments


bottom of page