'n Aanrandingsaak teen polisielede sloer nou al agt jaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 29
- 1 min read
Die nimmereindigende saak teen agt polisiebeamptes, wat na bewering drie slagoffers in Edenburg in die Vrystaat in 2017 aangerand het, is weereens uitgestel.
Die saak sal nou in Februarie volgende jaar aangehoor word.
Bloem Express berig dit het aan die lig gekom dat die beskuldigdes tydens die verrigtinge prokureurs uitgeruil het, wat tot uistel gelei het. Die slagoffers het hul misnoë met die herhaalde uitstellings uitgespreek, aangesien die saak nou al meer as sewe jaar sloer.
Die slagoffers het ernstige beserings opgedoen nadat die beskuldigdes hulle na bewering op die N1 aangeval het. Dit het na bewering by 'n padblokkade gebeur.
'n Ondersoek deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het getoon dat die polisiebeamptes glo die slagoffers verkeerdelik in hegtenis geneem het. Dit nadat hulle gedink het die slagoffers het 'n meubelwinkel in Trompsburg beroof.





Comments