‘n Aardbeweing ruk die Noord-Kaap wakker
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 22, 2024
- 1 min read
Die Noord-Kaap is vanoggend deur ‘n 5,3 aardbewing wakker geruk. Seismiese aktiwiteit van hierdie grootte lei gewoonlik tot ‘n matige tot ligte skudding. ENCA berig die Duitse Navorsingsentrum vir Geowetenskappe sê die aardbewing het op 'n diepte van 10 kilometer plaasgevind. Daar is geen berigte van sterftes, beserings of skade aan eiendom nie. Histories het Suid-Afrika nog geen aardbewings van ‘n hoë sterkte ervaar nie, maar geoloë waarsku dat die land nie immuun is teen groter aardbewings nie, veral as gevolg van dieper mynbou-aktiwiteit. Die aardbewing volg nadat inwoners van Johannesburg Dinsdagaand op sosiale media gesê het dat hulle ‘n aardbewing in verskeie dele van die stad gevoel het. Die aardbewing is as 2,77 deur die SA Seismograph Network aangeteken.







Comments