top of page

'n Aardbewing in die Filipyne ontketen tsoenami-waarskuwings

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 10
  • 1 min read

’n Kragtige aardbewing van 7,5 op die Richterskaal het Vrydag buite die kus van die Suid-Filipyne geskud, en tsoenami-waarskuwings in verskeie lande ontketen.


eNCA berig Die bewing het naby Manay in Davao Oriental plaasgevind, en die Filippynse seismologiese agentskap waarsku oor moontlike skade en naskokke.


Reddingspanne staan gereed om hulp te verleen.


Die Amerikaanse Tsoenamiwaarskuwingstelsel sê groot golwe kan kusgebiede in onder meer Indonesië en Palau tref.


Die aardbewing se diepte is op 20 km gemeet.


FOTO: eNCA
FOTO: eNCA

Comments


bottom of page