‘n Air India-vlug maak ‘n noodlanding na nóg ‘n vals bomdreigement

Jun 14, 2025
1 min read
'n Air India-vlug van Phuket op pad na Nieu-Delhi moes ‘n noodlanding maak na 'n bomdreigement aan boord ontvang is. Reuters berig al 156 passasiers is veilig van die vliegtuig begelei. Geen verdagte toestelle is gevind nie en daar was volgens owerhede geen ontwrigting van lughawebedrywighede nie. Indië se lugdienste en sy lughawens is verlede jaar oorval met vals bomdreigemente. Byna ‘n 1 000 vals oproepe en boodskappe is in die eerste 10 maande ontvang, dit is byna 10 keer meer as in 2023. Die voorval volg ure na ‘n Air India-vlug wat kort na hul opgestyg het neer gestort het. Meer as 240 mense is in die ongeluk oorlede en volgens berigte was daar slegs een oorlewende.








Comments