top of page

'n Aktivis nooi die presidensie na 'n plaasmoord-verhoor in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

’n Aktivis teen plaasmoorde, Petrus Sitho, het buite die hooggeregshof in Bloemfontein gesê sy hart is seer omdat die president nie wil erken dat plaasmoorde ’n groot probleem is nie. Hy nooi die presidensie uit om die verhoor in die moordsaak van die bejaarde Christo en Christa Morrison van Glen naby Bloemfontein by te woon, sodat hulle die wreedheid van plaasmoorde kan verstaan.


Netwerk24 berig die hof het Maandag gehoor die een verdagte, Motlalentoa Wolf, het in ’n erkenning ná die moord gesê Christa het nog geleef nadat sy erg aangerand en haar keel oopgesny is.


Wolf het ook in ’n verklaring gesê hy en sy medebeskuldigde, Mohau Lebeko, is vir twee weke voor die moord nie betaal nie.


Petrus Sitho. FOTO: Netwerk24
Petrus Sitho. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page