‘n Alternatief word gevra vir munisipale vullisverwydering in Bfn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 5
- 1 min read
AfriForum vra dat Bloemfonteiners toegelaat word om van private vullisverwyderingsdienste gebruik te maak sonder om ook vir munisipale vullisverwydering te betaal.
In 'n mediaverklaring sê die organisasie talle inwoners is reeds vir byna twee weke sonder betroubare vullisverwydering, met vullissakke wat in verskeie woonbuurte ophoop.
Hulle voer aan dat die voortgesette probleme nie meer net 'n diensleweringskwessie is nie, maar 'n krisis wat inwoners se lewensgehalte en die omgewing raak.
Volgens die organisasie het sy eie vullisverwyderingsdiens gedurende Mei vanjaar meer as 75 ton vullis in die stad verwyder.
AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein, Christo Groenewald, sê inwoners behoort nie vir 'n diens te betaal wat nie betroubaar gelewer word nie.
Die organisasie doen 'n beroep op die Mangaung Metro om dringend 'n proses goed te keur wat inwoners meer keuses oor vullisverwydering sal gee.








Comments