top of page

'n Ambassadeur dros uit 'n Brusselse vergadering

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika se ambassadeur in Duitsland, Stone Sizani, het glo sonder om verskoning te maak weggebly van ʼn oorsigsessie in Brussel.


Die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking het sy ernstige kommer hieroor uitgespreek.


Die voorsitter van hierdie komitee, Supra Mahumapelo, sê hulle beskou dit as ʼn geleentheid wat Sizani misgeloop het om op opbouende wyse met die parlement te vergader en verslag te doen oor hoe sy werk in Duitsland bydra tot die bevordering van Suid-Afrika se buitelandse beleidsdoelwitte.


Maroela Media berig dit is glo nie die eerste geleentheid waar die komitee beperkte samewerking van Sizani ervaar het nie.


Mahumapelo sê die komitee sal aanbeveel dat die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, die aangeleentheid ondersoek en gepaste maatreëls oorweeg.


Daarbenewens sal die komitee met die presidensie in gesprek tree om sy siening uit te spreek dat dié optrede nie voldoen aan die gestelde standaarde wat van ʼn verteenwoordiger van Suid-Afrika se nasionale belange in die buiteland verwag word nie.


Stone Sizani. FOTO: Maroela Media
Stone Sizani. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page