top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Amerikaanse deelstaat vat OpenAI hof toe oor ChatGPT 

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die Amerikaanse deelstaat Florida het ‘n siviele regsgeding teen OpenAI en sy uitvoerende hoof, Sam Altman, ingestel oor die ontwerp en veiligheid van die kunsmatige intelligensie-kletsbot ChatGPT.


Die staat beweer die tegnologie stel kinders in gevaar en kan skadelike gedrag aanmoedig. Die saak hou ook verband met ‘n afsonderlike strafregtelike ondersoek na ‘n skietvoorval by die Florida State Universiteit verlede jaar.


OpenAI verwerp die bewerings en sê die maatskappy het toonaangewende veiligheidsmaatreëls ingestel om minderjariges te beskerm en risiko’s te beperk.


Ter illustrasie. FOTO: Reckon News
Ter illustrasie. FOTO: Reckon News

 
 
 

Comments


bottom of page