top of page

‘n Amptenaar lek eksamenvraestelle uit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 15 hours ago
  • 1 min read

‘n Amptenaar van die Departement van Onderwys het eksamenvraestelle en merkgidse aan matrikulante uitgelek.


MyBroadband berig die minister van onderwys, Siwive Gwarube, het bevestig dat die betrokke amptenaar geskors is, en dat ‘n kriminele saak by die polisie aanhangig gemaak is.


Sy sê verder leerders is ondervrae en hulle het erken dat hulle toegang tot sewe vraestelle gehad het.


Die 26 leerders is van sewe skole in die Pretoria-omgewing.


Indien die leerders skuldig bevind word sal hulle uitslae ongeldig wees, en hulle sal nie toegelaat word om weer eksamen af te lê voor die tweede helfte van 2027 nie.


Siwive Gwarube. FOTO: News24
Siwive Gwarube. FOTO: News24

Comments


bottom of page