'n Australiese vrou skenk geboorte aan 'n identiese vierling
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 22
- 1 min read
'n Australiese vrou het geboorte geskenk aan 'n seldsame, natuurlik verwekte, identiese vierling.
Die vier dogtertjies is per keisersnee op 28 weke en vier dae gebore. Hulle is monosigotiese vierlinge, wat beteken dat 'n enkele bevrugte eiersel in vier embrio's verdeel het.
Die BBC berig die dogtertjies se 34-jarige ma het reeds vier kinders en was heeltemal verras toe hulle meegedeel is dat hulle 'n vierling verwag.
Dr. Alexa Bendall van die Royal Brisbane and Women's Hospital, wat die ma van die begin van haar swangerskap af behandel het, skat dat identiese vierlinge slegs een keer in ongeveer 15 miljoen swangerskappe voorkom. Sy het bygevoeg dat vier babas wat boonop almal dieselfde plasenta deel, ongehoord is.
Die pasgeborenes is Emily, Harriet, Catherine en Alexa genoem. Die laaste is vernoem na Bendall, wat sê dit is 'n pragtige huldeblyk.








Comments