top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Babadogtertjie oorleef die Van Reenenpas ongeluk

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 8, 2025
1 min read

‘n Babadogtertjie, die enigste oorlewende van die onlangse ongeluk op die Van Reenenspas, word tans in die hospitaal behandel. In 'n verslag wat deur die woordvoerder van die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, vrygestel is, berig Eyewitnes News is 17 mense in die ongeluk oorlede. Die voorlopige ondersoeke na die ongeluk tussen ‘n vragmotor en minibus by dié bergpas, het aan die lig gebring dat die minibus beheer verloor het, en in die vragmotor se baan ingedraai het. Ondersoeke dui ook daarop dat die vragmotorbestuurder werkgewers gekontak het voordat hy van die toneel verdwyn het. Swaar reënval, spoed, en moontlike roekeloosheid van die minibusbestuurder, word as faktore vir die oorsaak van die ongeluk in ag geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page