‘n Bakkiebestuurder word vir die dood van Bloemfontein-kinders vervolg
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 22
- 1 min read
Die 19-jarige bestuurder van ‘n bakkie wat vroeër vanjaar in ‘n ongeluk buite Bloemfontein betrokke was, gaan in verband met die dood van drie kinders vervolg word. Volgens Netwerk24 sal hy na verwagtig Desember sy eerste hofverskyning maak. Hy sal tereg staan op onder andere drie aanklagte van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur asook die verontagsaming van ‘n padverkeersteken. Die twee boeties, Ryan en Ayden Smit asook hulle niggie Leané van Papendorp is oorlede na die 19-jarige se bakkie glo die motor waarin hulle oppad skool toe was getref het.





Comments