'n Barbie-droomfees is toe 'n wafferse nagmerrie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Die organiseerder van ’n Barbie-geleentheid in Florida bied nou terugbetalings aan nadat die Barbie Dream Fest wyd op sosiale media gekritiseer is. Die geleentheid het ’n interaktiewe droomhuis, rolskaats, modeskoue en werkswinkels belowe, maar baie besoekers sê dit het glad nie aan verwagtinge voldoen nie.
Sky News berig foto’s van die venue het vinnig aanlyn versprei, en dit is vergelyk met ’n mislukte Willy Wonka-geleentheid in Skotland wat vroeër ook opslae gemaak het. Sommige bywoners het honderde dollar betaal vir kaartjies.
Een besoeker het gesê die “droomhuis” was net ’n kartonuitstalling, terwyl die rolskaatsbaan volgens haar meer soos ’n afgebakende hok gelyk het wat slegs vir kinders geskik was.
Mattel, wat Barbie besit, sê die geleentheid is deur ’n derde party gereël, maar hy werk nou saam met die organiseerders om volle terugbetalings aan alle kaartjiehouers te verseker.








Comments