‘n Beampte verdrink ná hy ‘n verdagte agternasit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
ʼn Jong polisiebeampte het in ʼn dam verdrink nadat hy ʼn verdagte agternagesit het.
Parys Gazette berig volgens die polisie het ’n gemeenskapslid die beampte in kennis gestel van ‘n verdagte se bewegings wat glo met roof en huisbraak verbind word.
Tydens die agtervolging het die verdagte ’n dam ingevlug, met die 25-jarige konstabel Gift Mota wat hom gevolg het.
Die Noordwes-beampte het kort daarna uit sig verdwyn.
Die polisie se duikeenheid is ontbied en het later sy liggaam uit die water gehaal.
’n Geregtelike doodsondersoek sal ingestel word om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek.







Comments