‘n Beampte word oor sy dansery oor die kole gehaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 23
- 1 min read
Die polisie gaan departementele stappe neem teen 'n beampte nadat video's van hom waar hy in uniform sing en dans, op sosiale media versprei is.
The Citizen berig die video's wys die beampte met alkohol in die hand terwyl hy dans.
Volgens die polisie is die gedrag in stryd met die organisasie se beleid en gedragskode.
Die beampte, wat in Mpumalanga gestasioneer is, is reeds geïdentifiseer.
Polisiewoordvoerder kolonel Mavela Masondo sê lede mag nie video's of ander inhoud in uniform opneem wat die diens in onguns kan bring nie.
Hy voeg by polisielede word verwag om te alle tye dissipline en professionaliteit te handhaaf wanneer hulle die uniform dra.
Volgens Masondo sal die polisie nie huiwer om op te tree teen lede wie se gedrag die beeld van die organisasie skaad nie.








Comments