top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Bedrieglike CV besorg 15 jaar tronkstraf aan ‘n voormalige Prasa-grootkop

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 3, 2024
1 min read

Daniel Mtimkulu, voormalige hoof van ingenieurswese by die SA-passasierspooragentskap is 15 jaar tronkstraf opgelê vir bedrog. Hy is daaraan skuldig bevind dat hy sy kwalifikasies vervals het. SABC News berig die Valke sê Mtimkulu se wanvoorstelling het ook tot gevolg dat Prasa finansiëel benadeel is. Sy vergoedingspakket is aan die hand van sy bedrieglike CV vanaf R1,6 miljoen, na R2,8 miljoen per jaar verhoog. Mthimkhulu het dit onder meer voorgehou dat hy 'n meestersgraad aan Wits Universiteit verwerf het, en 'n ingenieursbestuur- doktorsgraad van die München Tegniese Universiteit in Duitsland.

 
 
 

Comments


bottom of page