‘n Bedrieër wat ‘n bejaarde inloop is gevonnis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 hours ago
- 1 min read
‘n 52-jarige man is tot 14-jaar direkte gevangenisstraf in die Bloemfontein-hooggeregshof gevonnis.
Dit vir onder andere bedrog en geldwassery ter waarde van 64-miljoen rand. Die beskuldigde het in 2017 ‘n bejaarde sakevrou met ‘n sakevoorstel genader.
Hy het beweer dat hy ‘n winsgewende tender met een van die toonaangewende mynmaatskappye bekom het.
Verder het hy die slagoffer meegedeel dat hy dringend voertuie en kontant nodig het.
Die bejaarde sakevrou het ingestem en ses Isuzu-bakkies gekoop en vir die beskuldigde geld gegee.
Toe die slagoffer later by die mynmaatskappy navraag gedoen het, het sy ontdek dat die beskuldigde nooit ‘n tender bekom het nie, haar handtekening vervals het, eienaarskap van die voertuie verander het en dit verkoop het.






Comments