top of page

‘n Bejaarde Bloemfonteiner se vermeende moordenaars word gesoek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 12
  • 1 min read

'n Saak van moord en huisroof word deur die Parkweg-polisie ondersoek na ‘n 75-jarige man se liggaam in Pellissier, Bloemfontein, Vrydagoggend ontdek is. Luidens ‘n mediaverklaring word daar beweer dat die huiswerker twee onbekende mans binne die huis gevind het toe sy daar aankom. Sy het na die bure gehardloop vir hulp en met die polisie se aankoms het hulle die man met ‘n steekwond ontdek. Die bejaarde op die toneel dood verklaar. Die motief vir die moord is nog nie duidelik nie. Alle nodige hulpbronne is na die toneel ontplooi om 'n deeglike ondersoek te doen, en die polisie doen ‘n beroep dat mense met inligting navore moet kom.  

 
 
 

Comments


bottom of page