‘n Bejaarde in Bloem het ná maande weer warm water
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 1
- 1 min read
Danksy AfriForum se ingryping het ’n 82-jarige Tannie ná ses maande uiteindelik weer toegang tot warm water in haar eenheid in die Stillerus-aftreeoord in Bloemfontein. Luidens ‘n mediaverklaring het AfriForum, na hul van die situasie in kennis gestel is, die Manguang Metro Munisipaliteit in ‘n skrywe versoek om die Tannie se geiser te herstel. Die Metro het op die brief gereageer en bevestig dat die klagte aangemeld is en dat ‘n aksieplan vir herstelwerk by die aftreeoord versterk is. Intussen sê AfriForum hulle sal die situasie moniteer om te verseker dat die nodige instandhouding gedoen word en dat die gemeenskap se regte beskerm word.





Comments